Friday 27 December 2013

Ek het al dikwels voorheen in hierdie straat gestap

En toe doen ek dit vanoggend weer. Daar was 'n goeie rede. Ons straat lyk feestelik. Dis Desember en al die "Pride of India"-bome blom in verskillende kleure van wit tot donkerpienk en dieppers. Vir my is dit een van die heelmooiste bome op aarde. Hul blomme gee soveel kleur aan die dorp se andersins doodgewone strate. Dié bome word omtrent twintig meter hoog, is gehard en groei maklik. Die nie net hul blomme wat so lieflik is nie, hul stamme is ook glad en vriendelik.


 Kom stap saam met my!


 Voor ons huis hang pienk trosse blomme.



Ligroos spatsels kleur tussen die blare van die karee en die silwereik. 




'n Entjie laer in die straat af, ligpers. 


Ligroos en wit, wit, wit...
















Dit het my onwillekeurig laat dink aan die mooi lied uit "My Fair Lady": On the street where you live 

Interessante feite: Pride of India

 Lagerstroemia indica (Botaniese naam) Skubliesroos (Afrikaanse naam) Pride-of-India   
Wat 'n voorreg om te kan sien en om te geniet!

Friday 20 December 2013

Amper Kersfees

Vir dae is ek al besig om te dink. Te dink wat om te doen dié Kersfees. Ietsie anders. Iets wat nie geld kos nie. Ek en my tuinman ry vroegdag begraafplaas toe. Ek verkyk my aan die groot ou dennebome se mooi stamme. Ons tel 'n sak vol dennebolle op. Ek het 'n plan daarmee.
 
In die eetkamer wag die witgeverfde tak, halfklaar. Ek bind rooi strikkies en maak sterre van koerantpapier en karton. Ek hang dit aan my "boom". Ons gaan nie presente gee vanjaar nie. Ons het gelukkig baie liefde om uit te deel vir mekaar.
 
 




 
Ek was die wit skulpe wat buite op 'n stomp in die tuin gelê het, nog witter en pak dit op uit die buffet. Die liggies word opgehang en aangeskakel. My lantern kry 'n kers. Die vlammetjie jubel jolig daar binne.
 
 

 
In die enamelbak lê al die dennebolle knus en kuier. Hand-om-die-lyf met mekaar. Die wit melkbeker kry blompot-status. Opgetelde erdvarkpenne verander in Krismisblomme. 
 
2013 se Kersfees gaan heerlik wees.
 
 
 
 
 
Liefde trap mooi spore oraloor.

Tuesday 17 December 2013

Dis tyd

Die jaar snel ten einde. Ek dink hoe ouer 'n mens raak, hoe vinniger vlieg die tyd verby. Het ek dit verlede jaar ook gesê? Miskien. Dis weer tyd om 'n nuwe almanak aan te skaf. 'n Tyd om weer voor te begin. Ek raak sommer opgewonde daaroor. Wat is nou lekkerder as iets nuuts?

Desembermaand se bladsy is amper vol geskryf. Vol saamweesstories, vakansiestories.

Januarie wag vir sy verhale van "van vooraf begin". Teen Februarie druk die nuwe skoene nie meer nie en in Maart weet ons al mooi wat om met 2014 te doen.

Op RedBubble is daar 'n verskeidenheid van my selfgemaakte kalenders te koop. Klik op die skakels en kom kyk gerus.

Walking to the Light

Dis 'n kalender wat uit kunswerke bestaan, meestal olie en akrielskilderye. Landskappe. Skilderye wat met vreugde in die hart vervaardig is. Elke prentjie vertel 'n ander storie.

En soos die RedBubble mense sou sê: "Calendars can now start with any month, otherwise keep in mind January 2014 is approaching fast! The quality is excellent and you have the choice to turn your pictures into great prints for framing should you choose. You can select your own start month, and order right into the future. Everything about the calendar is brilliant, except you’ll have no excuse for missing your sister’s birthday anymore!"

Daar is net EEN van hierdie kalenders in die hele, wye wêreld. Regtig. Dis uniek. Dis Afrikaans. Dis foto's van my geveerde vriende en verse wat ek uit my duim gesuig het. Geniet dit!

Voëls en verse

En dis die waarheid: "RedBubble calendars are printed using marvellous futuristic technologies, so complex we can’t go into them here, but we can tell you they are lovingly printed on a luscious 200gsm satin art paper at the striking size of A3 "(that’s 297×420mm, or 11.69×16.54).

Hier is 'n vrolike kalender vir 'n kind se kamer.

Naïve Art Calendar

Klik op die skakel en kyk maar self. Miskien hou jy so baie daarvan dat jy sommer NOU een wil aanskaf.

Public price: $36.84. Kan direk van RedBubble af bestel word. 


In the end, it's not going to matter how many breaths you took, but how many moments took your breath away.



Geniet jou vakansie en onthou om jou sake agter mekaar te kry vir 2014





Thursday 5 December 2013

Die bekoring van blomme

Ek het die voorreg gehad om 'n gerberaplaas te besoek, sommer net hier naby aan my tuisdorp.
Die plek se naam is Gerbera Galore. (inligting vanaf webblad)

"Ons kweek uitsluitlik gerberas en het die grootste verskeidenheid in Suid-Afrika. Madelief Kwekery was die algehele wenner van die 2006 Gardenex
snyblomkwaliteitskompetisie."

 
Gerberas is baie besonderse snyblomme vanweë hul verskeidenheid van helder kleure, hul vorm en lang vaasleeftyd. Ook bekend as die Barbertonse Madeliefie en inheems aan Suid Afrika, pas die gerbera in by alle mode- en dekorstyle. Die Europese kwekers wat die plante veredel kweek nog voortdurend nuwe en beter variëteite.
 

 
Die mooiste verskeidenheid kleure begroet ons!
 




 
Om jou gerbera’s so lank moontlik te laat hou:
  • Koop vars blomme: die blomblare moet vars lyk en voel
  • Gebruik min, maar skoon en vars water: net so 30 tot 50mm
  • Sit ‘n knippie chloor by
  • Sny elke vier dae die stele korter en vervang die water
  • Hou die blomme op ‘n koel plek    

Saturday 23 November 2013

Somervreugdes

Die natuur lê my so na aan die hart. En dis nie net altyd die grootste en hoogste bome of die indrukwekkendste kranse en klowe of watervalle wat vir my die mooiste is nie. Loop ek net een maal om my huis en kyk na die eenvoudigste vetplantjie, kry ek al klaar 'n heerlike warm gevoel van vreugde in my hart. Dit beteken nie ek sou nie graag die hoë kranse wou bewonder het nie of langs 'n yslike waterval wou staan en luister hoe dit in die dieptes neerstort nie.

 
Kyk hoe skyn die lig deur die appelkoosboom se blare. Wat is lekkerder as 'n varsgeplukte appelkoos so van die boom af? My mond water alreeds net om daarna te kyk!
 
 
Weerloos wit blom een madeliefie by die fontein.
 
 
 Ek ken ongelukkig nie hierdie mooi struik se naam nie, maar elke jaar dra dit die fynste pienk blommetjies. Genoeg om my hart te verbly!
 
 
Granaatroos. 'n Mens sien dit nie meer so baie nie.

 
 Grasgroen mos teen die kareeboom se stam. En die klimop groei jaarliks meer geil.
 

                                Bloupers blom die agapante oral in die tuin. Somervreugdes!



Die kareeboom is al so lank deel van my lewe. Sy takke die tuiste vir vele geveerdes.
 
 
Jasmyn ! Die naam ruik alreeds lekker.


Vet vingertjies.
 
 
'n Baie klein en fyn blommetjie van 'n vetplantjie in 'n pot teen die muur....en in die agtergrond, die klippetuin en appelkoosboom.
Ek is dankbaar om hier te woon.